All News

Pret en Vermaak

Deur die dag sal verskeie kunstenaars optree en daar sal ook deurentyd baie ander interessante en opwindende items plaas-vind. Daar sal ‘n wye verskeidenheid stalletjies wees en baie om te eet! Spesiale vermaak vir die jongklomp, soos fietsry, springkasteel, klimraam, ‘n hanswors van formaat, ‘n spesiale “A-ma-ze Race” waarin spanne van 6 persone kan deelneem met R3 000 in pryse, en ‘n heerlike opskop vir die tieners in die klubhuis die aand! – teen so min as R5.

Mej Lammetjie, Mej Lam en Mej Bibber/Chill sal gekies word. Daar sal ‘n wonderlike modeparade wees met Bleomfonteinse modelle, ‘n kuddekompetisie, en ‘n skaap-skeerkompetisie is maar enkele van die items op die fees wat deur die dag sal plaasvind. Honderesies, skaaphond-demonstrasie, spin- en weefdemonstrasies – te veel om te noem.

Kom verseker!!

Discussion

No comments for “Pret en Vermaak”

Post a comment

Recent Comments