Vir dié wat die aand ‘n heerlike dinee wil geniet sal daar 20 spesiaal gedekte tafels in die groot markiestent wees. Gaste by dié tafels sal deur kelners van Letsatsi Wildplaas bedien word en die spys-eniering sal ook deur Letsatsi gedoen word.
Hierdie gaste sal elk R200 per kaartjie betaal en dit sluit die volgende in:
Toegang tot die Buiteklub gronde
‘n Bespreekte sitplek vir die aand se vertoning
‘n Smaaklike ete plus 2 bottels wyn per tafel.
Besighede is welkom om ‘n tafel te “koop” teen R2 000 vir 10 gaste. Individue kan ook saam met hul vriende plekke bespreek. Die tafels is baie populêr en vroegtydige besprekings word aanbeveel!
Bespreek by Marli Botha by OVK op 051 683 1101.
Discussion
No comments for “Bespreekte Plekke vir die Goue Sirkel:”
Post a comment