Alles het op die ou einde goed afgeloop. BibberChill 2008 was vir seker ‘n reuse sukses.
Die weer was wat ‘n mens die tyd van die jaar verwag en het goed gepas by die naam van die fees – ja, dit was koelerig.
Van die stalletjies se verkope kon beter gewees het, maar daar is reeds planne om hulle besigheid te verbeter volgende jaar.
Oor een ding kan ons gerus voel – die fees het ‘n toekoms en al die harde werk wat ‘n hele aantal mense ingesit het, was dit werd. Dit is bevestig deur die getal feesgangers van elders wat met lof gepraat het van die verrigtinge.
Daar bestaan geen twyfel oor die groot bydra wat Letsatsi gemaak het tot die sukses van die dag nie. Johan van Zyl, een van die twee venote van die wildsplaas, het dit duidelik gestel dat hulle hulself vereenselwig met Smithfield en wil graag ‘n aandeel hê aan die vestiging van meer aandag op ons dorp.
Smiffie bring hulde aan nie alleen elke lid van die komitee nie, maar ook aan al die ywerige ondersteuners wat hulle tyd, energie en finansies gegee het aan die vestiging van die BibberChill Fees op die almanak as ‘n jaarlikse geleentheid van belang.
Discussion
No comments for “BibberChill 2008 ‘n Reuse Sukses”
Post a comment