Smithfield is drie jong dames in die mediese beroepe ryker vanjaar. Hulle is hier om hulle gemeenskapsjaar uit te dien en al drie het goed aangepas en gaan beslis die lewens van die inwoners verryk.
Annika Viljoen, middel op foto, is ‘n arbeidsterapeut. Sy het groot geword op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld en skool gegaan op Ceres. Na skool het sy op Stellenbosch gestudeer en op een of ander manier in Smithfield beland!
Annika sê: “ Ek’t my dood geskrik die eerste keer wat ek hier gekom het, maar na presies 25 dae het hierdie oulike plek klaar in my hart in gekruip!”
Haar werk behels dat sy al die gestremdes uit snuffel by die kliniek en om te probeer om hulle lewens bietjie makliker te maak. Sy help ook by skole en ouetehuise om programme aan te bied.
“Dankie vir almal wat ons so vriendelik verwelkom het hier. Sodra ons ons eerste salaris gekry het nooi ons julle weer!!”
Georgina Rossouw, links op foto, is die apteker by die hospitaal. Sy het groot geword op ‘n plaas net buite Bothaville. Sy het haar skool loopbaan in Bothaville voltooi en daarna in Potchefstroom gestudeer. Na vier jaar in Potchefstroom het sy haar internskap in Pretoria gedoen en toe het sy Smithfield toe gekom.
Georgina sê: “Toe ek moes aansoek doen vir internskap het ek vir die Vrystaat geskiet omdat my ouers in Bothaville bly. Smithfield was my laaste keuse en ek het dit gekies bloot omdat ek 5 plekke moes kies - ek sal mos nooit my 5de keuse kry nie, maar ek het, en was eers heeltemal geskok, maar dit is lekker om weer in die Vrystaat te wees en uit die gejaag van die stad. Ek hou reeds baie van die plekkie en sy vriendelike mense”.
Volgens Georgina is haar beroep veel meer as net pille tel en dokters se handskrifte ontsyfer. Vir haar gaan dit daaroor om pasiënte so te help dat hulle medikasie so goed as moontlik help, met so min as moontlik newe effekte sodat hulle regtig gesond kan word, of net ‘n lekkerder lewe te hê.
Carmen Prinsloo, regs op foto, is ‘n radiografis. Sy is op Potgietersrus gebore en het daar skool gegaan. Na matriek het sy radiografie gaan studeer by die Sentraal Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein.
Carmen sê: “Smithfield was een van my keuses vir my gemeenskapsjaar. Ek vind die dorpie baie aangenaam en die inwoners was nog net baie vriendelik en ontvanklik teenoor my! Ek is baie opgewonde oor my jaar hier en weet dit gaan onvergeetlik wees!”
Ed: Smiffie wens julle sterkte toe vir die jaar in ons midde.
Goodness me Ed, that looks just like a photograph of the Downs at the back of my village in Devon UK - Kingskerswell, near Dartmoor. Congratulations on an excellent magazine - I have friends who live in Smithfield and it is nice to know what is happening in the area where they live.
I have been reading The Smiffie online for about 18 months and feel I am getting to know some of the locals and the area quite well.
Hope you have recovered from your fall?