All News

Gholf Nuus

deur Marco

Die 26 April was die jaarlikse klub kampioenskappe wat oor 36 gate beslis word. Die wenner van die dag was Kosie le Roux, wat ‘n waardige wenner was. Die beste van die dag was dat oom Hattie Hattingh, wat in sy 70 jare is, al 36 gate gestap het en die voorste manne goeie kompetisie gegee het. Die weer was perfek en die baan op sy beste. Weereens besef ‘n mens dat ons bevoorreg is om so ‘n baan in Smithfield te hê. Ek wil almal in die gemeenskap bedank wat bydra om die klub aan die lewe te hou.

Op 10 Mei was dit die Sanlam/Kanker dag. Drie afdelings word gespeel en die wenners van elke afdeling gaan deur na Welkom. Van daar af gaan die wenner Sanlammeer toe. Die wenners van die afdeling was:

Afdeling A – Ildo Bighi
Afdeling B – Laban Ramaseli
Afdeling C – Sep Smith

Die wenner van die dames afdeling was Anel du Plessis. Naaste aan die penne was Harry Prinsloo en Nico van Vuuren.

Elke jaar speel 45 000 mense gholf vir kanker. Dit maak dit die grootste sport gebeurtenis in die land. Die geld wat elke streek ingesamel word, bly in dié streek en van ons eie mense in ons dorp kon al van die fasiliteite gebruik maak. Ek sê ook dankie aan almal wat gehelp het met hierdie dag.

Gholf groete

Discussion

No comments for “Gholf Nuus”

Post a comment

Recent Comments