berig Linda Retief
Eddie Prinsloo van Heuning-krans se 14de produksiveiling het rekordpryse gelewer. Nie alleen het twee ramme albei vir R40 000 verkoop nie, maar die gemiddelde prys van R8 643 is die hoogste nog in die land vir ‘n produksieveiling van ‘n enkel verkoper. Sy veiling in Maart 2007 het die vorige gemiddelde rekordprys van R7 300 gelewer.
Oudergewoonte het Koning Letsie III van Lesotho die veiling bygewoon en twee ramme gekoop.
Die kopers van die een ram van R40 000 was twee Vrystaatse telers, mnr Johan Rautenbach van Senekal en dr Piet van Wyk van Ventersburg. Die ander een is deur vier Oos-Kaapse telers gekoop, mnre Charl Voster van Elliot, Mike Fitzhenry van Ida, Hanri Rheeders van Rhodes en Stefan Nel van Barkly-Oos.
![]()
Met die verkoop van al die ramme wat aangebied is, het Prinsloo se rekord van 1005 ook behoue gebly.
Discussion
No comments for “Rekordprys by Veiling”
Post a comment