Die bestuur van die Inwonersforum het besluit om ‘n dispuut teen die Mohokare Munisipaliteit in te stel. Dit is ‘n wettige aksie en word deur ‘n prokureur opgestel.
Die doel van die optrede is om baie probleme wat nou al vir ‘n aantal jare nie aandag deur die munisipaliteit aan gegee word nie, te probeer regstel.
Erfbelasting sal weerhou word en nie aan die munisipaliteit oorbetaal word nie, maar in ‘n trustrekening. Uit die fondse wat so bekom word sal die nodige toerusting aangekoop word om die gemeenskap weer leefbaar te maak vir elke inwoner.
Daar word dus ‘n dringende beroep op alle inwoners gedoen om asseblief die Forum in die poging te ondersteun.
Alle besonderhede sal aan inwoners bekend gemaak word, soos waar en hoe die belasting inbetaal moet word.
Die Forum het ook aangesluit as lid van die Nasionale Belastingbetalers Unie (NBU) wat ons op alle vlakke rakende die munisipaliteit met raad en daad bystaan.
Alle optredes word streng wettig gedoen.
Aangesien die munisipaliteit voortgaan om elektrisiteitsmeters te blok gaan daar ‘n hofbevel teen die waarnemende munisipale bestuurder, me Lulama Ceba, ingestel word deur die NBU. Die blok van kragmeters is onwettig.
Aan elke inwoner van die gemeenskap vra ons: Asseblief, help ons om ons doel te bereik om ‘n beter leefruimte vir elkeen te skep. Dankie.
Ounooi Badenhorst, namens Smithfield Inwonersforum
Discussion
No comments for “Smithfield Forum Nuus”
Post a comment