Die matriekklas van 1966 het die naweek van 15 Oktober reünie in Smithfield gehou. Jimmy Klopper was die enigste van die klasmaats wat nog in Smithfield woon terwyl Daan Joubert en sy vrou Jolene al die pad vanaf Windhoek gekom het.
Die groep het Saterdag oggend by die Museum bymekaar gekom waar Jimmy Meggs vir hulle ‘n paar Smithfield stories vertel het. Hulle het ook ‘n draai gemaak by die skool om te onthou hoe dit veertig jaar gelede was. Die middag was dit Curriebeker eindstryd kyk en later ‘n deftige ete en saamkuier by die Gholfklub.
Sondag oggend na kerk het die klasmaats vir oulaas saam tee gedrink voordat hulle huis toe teruggekeer het.
Die reünie is deur M C Fourie, ‘n lid van die matriekklas, gereël en hulle almal belowe om oor vyf jaar weer so te maak.
Discussion
No comments for “Smithfield Reünie Klas van ‘66”
Post a comment