All News

Smithfield ruk en jol

deur James Retief
Die hoogtepunt van die onlangse, en hoogs suksesvolle BibberChill Fees, was sonder twyfel die afsluitings-dinee en konsert.

Na ’n lang dag se diens as oase vir die dorstiges, is die Genot Grot omskep in ’n stylvolle banketsaal kompleet met sjiek swart tafeldoeke, helder wit breekgoed en blinkende messegoed. Die tafelrangskikkings is dié van die dag se blommerangskikkings kompetiesie. Vir die wat nie by een van dié tafels in die gouesirkel sitpolek gehad het nie was daar nog hope plek.

Letsatsi het hulle goed van hul taak gekwyt met ’n smaaklike ete van hoender,lam, pampoenpoffertjies en dies meer.

39-thys-die-bosveld-klong Thys die Bosvels Klong

Die aand se vermaak is afgeskop deur die susterspaar Maarnet wat groot byval gevind het onder die mans in die gehoor – beide oud en jonk. Maar toe is dit die beurt van die penswippende hoofvertoning – Thys die Bosveldklong, wat op sy beurt menige van die vroulikegeslag na hulle asems laat snak het. Of dit as gevolg van sy wye glimlag of stertswaaiende ‘moves’ is, is nie duidelik nie, maar wat wel is, is dat hy groot aanklank onder die hele gehoor gevind het. Dis ’n man wat sy sing ken en goed weet hoe om ’n boere gehoor te laat lag, saam sing en hande klap. Hopelik hoef ons nie lank te wag voordat Thys weer sy wipmaag op ons dorp kom wys nie.

Discussion

No comments for “Smithfield ruk en jol”

Post a comment

Recent Comments