sê Jeanette du Plessis
Smithfield-VLU het die 15de Maart verjaar. ‘n Vrou sé nie gewoonlik hoe oud sy is nie en veral nie as sy verby vyftig jaar gaan nie. Om egter tagtig jaar oud te word, is ‘n groot prestasie en iets om op trots te wees.
Die tak is in 1928 gestig op die plaas Mardu, met 34 lede teenwoordig. Mev Lettie van der Merwe was gekies as die eerste voorsitter. Vergaderings is op verskillende plase gehou saam met die mans wat hul eie vergadering gehou het. In 1934 het al die plaastakke geaffilieer behalwe Slikspruit-tak wat tot in 1952 onafhanklik bestaan het. Om deur al die ou notuleboeke te lees, is om die geskiedenis van ons mense te lees en wat verblydend is, is dat baie van die nageslag nog steeds op die plase is.
Ons het ons verjaardag gevier soos net vrouens kan, met koek en tee. Nie gewone koek nie, maar ‘n spesiale sjokolade-spiraalkoek met ons VLU-wapen op, kaaskoek en truffels wat Martli Steyn spesiaal vir ons gebak het. Sy het ook vir ons gedemonstreer hoe om die koeke te bak en ook om allerlei sjokolade-versierings te maak.
Ons bring hulde aan die VLU en die groot aandeel wat al haar lede gehad het in die ontwikkeling van die platteland en sy mense.
Discussion
No comments for “Smithfield-VLU verjaar”
Post a comment